top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Johannesburg verbied dat sekuriteitsvideo’s op sosiale media gedeel word

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 7, 2025
1 min read

Nuwe munisipale regulasies in Johannesburg verbied nou sy inwoners om geslotekringtelevisiemateriaal van hul eiendom op sosiale media te deel. Volgens Maroela Media mag die videomateriaal van die kameras slegs deur wetstoepassingsowerhede, soos die polisie en die metropolisie, gebruik word. Enigiemand anders moet dit as vertroulik beskou. Volgens die nuwe regulasie moet toestemming by Johannesburg se munisipaliteit verkry word om privaat kameras op te rig wat ’n uitsig oor ’n openbare ruimte, soos ’n pad, bied. Kameras mag nie geskuif, opgerig of afgehaal word sonder toestemming nie. ’n Suid-Afrikaanse prokureur met uitgebreide kennis van sosiale-mediareg, Helene Viljoen, sê dat mense die POPIA-wetgewing in ag moet neem wanneer hulle beeldmateriaal op sosiale media deel. Daar is uitsonderings vir die media en die polisie, want dit kan die regsproses in uitkenningsparades beïnvloed.

 
 
 

Comments


bottom of page