Kenny Kunene is kwytgeskeld van wangedrag ná die sluipmoord op DJ Sumbody
- Armando Pieters

- Sep 25
- 1 min read
Die adjunkpresident van die Patriotic Alliance (PA), Kenny Kunene, is kwytgeskeld van enige wangedrag nadat hy vroeër vanjaar by die huis van een van die verdagtes in die destydse sluipmoord op DJ Sumbody was toe die polisie daar opgedaag en die verdagte in hegtenis geneem het.
Hy kan dus as raadslid in die Johannesburgse metro terugkeer.
Maroela Media berig die leier van die PA, Gayton McKenzie, het in ʼn regstreekse boodskap op Facebook gesê dat dit nié die PA is wat Kunene kwytgeskeld het nie, maar eerder 'n onafhanklike regsfirma wat aangestel was om die aangeleentheid te ondersoek.
Kunene het destyds in verskeie media-onderhoude aangevoer hy was by die verdagte se huis nadat hy ʼn verslaggewer daarheen vergesel het. McKenzie het van meet af gesê hy glo in Kunene se onskuld.





Comments