top of page

‘KI hervorm hoër onderwys maar SUT se siel moet ongeskonde bly’

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 11
  • 1 min read

Kunsmatige intelligensie hervorm hoër onderwys, maar die siel van die universiteit moet ongeskonde bly. So sê die Vrystaatse Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) se Visekanselier en Rektor, Pamela Dube. Sy het tydens SUT se sewende jaarlikse Gedagteleierskap-paneelbespreking 'n mensgesentreerde benadering tot die verantwoordelike gebruik van KI beklemtoon. Luidens ‘n plasing op SUT se sosiale media het sy ook gevra vir duidelike beleide, inklusiewe praktyke en praktiese klaskamertoepassings om te verseker dat studente "toekomsgereed" is terwyl akademiese integriteit beskerm word. Sy voeg by hulle moet duidelikheid verseker oor wie hierdie tegnologieë dien, vir watter doel, en dat die siel van die universiteit nie in die gedrang kom nie.

 
 
 

Comments


bottom of page