Kliënte in die informele ekonomiese sektor verkies steeds kontant
- Nadia Pieters

- Oct 15
- 1 min read
Die gebruik van kontant bly prominent in Suid-Afrika se informele ekonomie, wat sowat R900-miljard per jaar werd is.
Standard Bank se nuwe Township Research Report toon dat byna 80% van klein sake in townships ongeregistreer is en hoofsaaklik op kontant staatmaak.
Dit weens kliëntevoorkeur hoë bankkoste en beperkte digitale geletterdheid.
Hoewel baie sakelui elektroniese betalings verkies, verkies kliënte steeds kontant.
Die informele sektor dra sowat 12% tot die land se BBP en 19% tot werkskepping by.






Comments