Koper- en skrootdiefstal bly ‘n groot probleem in Vrystaat
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 15
- 1 min read
Koper- en skrootdiefstal bly een van die grootste misdaadbedreigings in die Vrystaat, met veral boerderygemeenskappe wat die impak voel.
Volgens inligting wat deur Vrystaat Landbou gedeel is, is verskeie voorvalle reeds aangemeld, insluitend die diefstal van besproeiingstelsels, sonkraginfrastruktuur en Eskom-transformators.
Die organisasie sê hy werk saam met die polisie, insluitend eenhede vir georganiseerde misdaad en sigbare polisiëring, om die onwettige handel in skrootmetaal hok te slaan.
Dit sluit inspeksies by tweedehandse handelaars en skrootwerwe in, asook versoeke vir strenger wetstoepassing.
Vrystaat Landbou doen ’n beroep op boere om alle voorvalle by die polisie aan te meld, inligting te deel en waaksaam te bly.








Comments