top of page

KRIEKET: Australië maak skoonskip teen die Windies in die T20-reeks

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 30
  • 1 min read

Australië het hul toer na die Wes-Indiese Eilande afgesluit met ‘n reeks-oorwinning van  5 – 0 in die T20-reeks. Die Aussies het die laaste wedstryd op Warner Park met drie paaltjies gewen. Dis eilandspan was almal uitgehaal vir 170 waarna die besoekers die wenteiken reeds in die 17de boulbeurt bereik het. Mitchell Owen het die beste telling aangeteken met ‘n haastige 37 van 17 balle. Dié oorwinning is die eerste ooit deur ‘n Australiese manspan in ‘n T20-reeks in die Karibiese Eiland wat ‘n perfekte 8 – 0 toer afsluit na hul vorige Toetsreeks-sukses. Die kaptein Mitchell Marsh het sy span se kragtige kolf-en-boulwerk geprys terwyl Cameron Green die Speler van die Reeks-toekenning verwerf het.

 
 
 

Comments


bottom of page