top of page

KRIEKET: Australië verpletter die Proteas in die derde eendagstryd in Mackay

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 25
  • 1 min read

Australië het in die derde eendagwedstryd die Proteas ’n krieketles geleer en met 276 lopies in Mackay gewen. Die tuisspan het eerste gekolf en ’n reuse 431 / 2 in 50 boulbeurte ingesamel. Travis Head en Mitch Marsh was in ’n verwoestende bui met ’n openingsvennootskap van 250 lopies. Head het 142 lopies opgestapel terwyl kaptein Marsh sy 100-tal van 106 balle geslaan het. Daarna het Cameron Green die verwoestingswerk voortgesit en 118* van 55 aflewerings gemoker terwyl Alex Carey ook ingeklap het met ’n onoorwonne 50-tal. Suid-Afrika se toporde het vroeg gewankel met slegs Dewald Brevis wat vasgeskop het met 49 maar  het uit kolfvennote gehardloop en was die besoekers almal uitgehaal vir ’n skamele 155 lopies. Die Proteas beklink dié reeks met 2 – 1 en sal nou weer in September in volgende reeks teen Engeland meeding wat weer drie eendag- en drie T20-wedstryde insluit.

 
 
 

Comments


bottom of page