top of page

KRIEKET: de Klerk teken 84 lopies aan, SA wen Indië

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Oct 10
  • 1 min read

Nadine de Klerk het ’n merkwaardige onoorwonne beurt van 84 lopies aangeteken in een van die beste lopiejaagtogte nóg in vrouekrieket.


Haar prestasie het die Suid-Afrikaanse span gehelp om Indië met drie paaltjies te klop in ’n belangrike Wêreldbekerwedstryd.


Die Proteas was in die moeilikheid op 81 vir 5 ná slegs 19 boulbeurte, maar De Klerk en Chloe Tryon het die telbord stadig aan die rol gekry met slim lopiewerk.


Nadat Tryon vir 49 uitgegaan het, het De Klerk die wedstryd met kragtige sesse beklink om die oorwinning vir Suid-Afrika te verseker.


Nadine de Klerk. FOTO: gsports4girls
Nadine de Klerk. FOTO: gsports4girls

Comments


bottom of page