KRIEKET: Die Proteas beklink die eendagreeks teen Australië in Mackay
- Armando Pieters

- Aug 22
- 1 min read
Die Proteas het Vrydag die tweede eendagwedstryd teen Australië gewen toe hulle met 84 lopies die septer geswaai het in Mackay. Die besoekers het eerste gekolf en 277 / 8 opgestapel met uitstaan beurte van 88 en 74 deur onderskeidelik Matthew Brettzke en Tristan Stubbs. In Australië se kolfbeurt het net Josh Inglis weerstand gebied met 87 lopies maar dit was Lungi Ngidi wat die lopie-jaagtog tot ’n einde gebring het met ’n ontleding van 5 / 43. Suid-Afrika wen die eendagreeks met 2 – 0 met die laaste wedstryd wat weer Sondag by die Great Barrier Reef arena gespeel sal word.





Comments