KRIEKET: Die Proteas se o/19 vroue span bespreek plek vir T20 Wêreldbeker eindstryd na sprankelsege oor Australië
- Armando Pieters

- Jan 31
- 1 min read
Suid-Afrika se o/19 vroue span het hul plek bespreek in die T20 Wêreldbeker-eindstryd nadat hulle Australië Vrydagoggend op die Bayuemas Ovaal in Kuala Lumpur met 5 paaltjies kon uitstof.
Die Aussies is tot 107 / 8 beperk met Ashleigh van Wyk wat met ’n puik ontleding van 4 / 17 die kolwers in toom gehou het.
Die Jong Proteas het daarna die teiken gejaag en dit in die 19de boulbeurt bereik en sal nou moet wag om te sien wie hul teenstanders in Sondag se eindstryd gaan wees.
*Indië en Engeland sê mekaar die stryd aan in die tweede halfeindronde wat om 08:30 (SA Tyd) begin.





Comments