top of page

KRIEKET: Indië in stewige posisie teen Engeland op Dag 2 van tweede toets in Birmingham

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 3
  • 1 min read

Indië is stewig in beheer van die tweede toets teen Engeland op Edgbaston en het reeds die 450 kerf verbygesteek. Kaptein Shubman Gill het van voor af gelei met ‘n skitterende 200-tal waar hy goed ondersteun is deur Jadeja met 89 en Jaiswal se 87 lopies aan die begin van die beurt. Engeland se boulers het swaar geleef met Chris Woakes wat tot dusver die beste vertoon het met twee paaltjies wat hy kon plattrek. Indië sal poog om sake gelykop te maak in die reeks nadat Engeland die eerste een op Headingley met 5 paaltjies gewen het. *Albei spanne het ook swart armbande gedra ter ere van wyle voormalige Engelse toetskolwer Wayne Larkins wat verlede week in die ouderdom van 71 jaar oorlede is.

 
 
 

Comments


bottom of page