KRIEKET: Indië onttrek uit die Wêreldkampioenskap van Legendes-eindstryd
- Armando Pieters

- Jul 31
- 1 min read
Pakistan het vir die eindstryd van die Wêreldkampioenskap van Legendes gekwalifiseer nadat Indië Woensdag hul onttrekking uit die halfeindstryd bevestig het. Dié wedstryd sou in Birmingham plaasvind maar Indiese spelers het geweier om in die eindstryd te speel weens politieke spanning tussen dié twee lande. Die besluit volg nadat botsings en ontploffings naby Jammu die streek getref het. In die ander halfeindstryd sal Suid-Afrika en Australië mekaar Donderdagmiddag om 17:30 (SA Tyd) aanvat om te bepaal van die twee lande gaan deurdring na Saterdag se eindstryd.





Comments