KRIEKET: Rishabh Pant uit die 5de kriekettoets terwyl kaptein Ben Stokes met pyn sukkel voor dié beslissende tweestryd op die Oval
- Armando Pieters

- Jul 28
- 1 min read
Die Indiese paaltjiewagter Rishabh Pant sal die vyfde toets teen Engeland by die Oval misloop nadat hy ‘n gebreekte voet opgedoen het na ‘n streepbal van Engeland se kaptein Ben Stokes in die vierde toets. Pant het homself ook in die rekord-boeke ingekolf vir die meeste lopies deur ‘n paaltjiewagter in ‘n toetsreeks in Engeland. Intussen het die einste Ben Stokes wat tans deur ‘n besering gekniehalter word ook slegs die vierde Engelse speler geword wat ‘n honderdtal kon aanteken en vyf paaltjies in dieselfde toets platgetrek het. Dié Engelse kaptein sluit homself nou aan by Garry Sobers en Jacques Kallis in die elite-klub van seweduisend lopies en 200 paaltjies. Engeland loop 2 – 1 voor in die reeks nadat die vierde toets op Old Trafford onbeslis geëindig het.





Comments