Lamola spreek kommer uit oor Zuma se besoek aan Indië
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 3
- 1 min read
Updated: Jul 6
Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, het kommer uitgespreek oor die onlangse video van die voormalige president Jacob Zuma in Indië.
Zuma is gesien waar hy ‘n tempel in Indië besoek saam met die korrupsie-beskuldigde sakeman, Ajay Gupta.
Tydens die besoek het Zuma gesê hy is vol vertroue dat hy na die bewind sal terugkeer nadat hy ‘n seën ontvang het.
Dit is vasgelê op videobeeldmateriaal, terwyl hy met publikasies in Indië gepraat het, wat nou op sosiale media versprei word.
Lamola sê owerhede sal die omstandighede rondom die besoek ondersoek.








Comments