Leë polisiehuise in Bloemfontein word glo geplunder
- Nadia Pieters

- Oct 30
- 1 min read
Eiendom van die polisie word glo deur haweloses beset en geplunder in Bloemfontein.
Netwerk24 berig in mees onlangste geval het ‘n huis in die Universitas-woonbuurt afgebrand.
Luidens ‘n WhatsApp-groep word die huis al maande gevandaliseer, met onwettige besetters wat ingetrek en vuur in die huis gemaak het.
Die huis is die naweek deur vlamme veswelg. Voorsitter van die Universitas-en-Universitas-Wes-woonbuurtvereniging, Frikkie Einsenberg, sê onwettige studentebehuising in die woonbuurt het ‘n direkte verband met hoekom die huis beset, geplunder en afgebrand is.
Hy beweer nie eens die polisie wil tussen die studente bly nie.
Polisiewoordvoerder, Luitenant kolonel, Thabo Covane, het aan Netwerk24 te kenne gegee dat ‘n span van Pretoria die oorsaak van die brand sal bepaal.






Comments