top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Lekota word in Bfn ter ruste gelê

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 5
  • 1 min read

Die liggaam van die voormalige Vrystaatse premier en leier van COPE, Mosiuoa Lekota, het in Bloemfontein aangekom waar hy ter ruste gelê sal word.


Volgens SABC News is Lekota gister in ’n hospitaal in Midrand, Johannesburg ná ’n lang siekte oorlede. Hy was 77 jaar oud.


Die familie sê die begrafnis sal na verwagting tussen Vrydag en Saterdag volgende week plaasvind.


Intussen sê die Vrystaatse Sentrale Universiteit van Tegnologie hulle treur oor die afsterwe van hul voormalige kanselier.


Lekota het dié pos van 1997 tot 2009 beklee en volgens die universiteit ’n belangrike rol gespeel in die instelling se ontwikkeling in die vroeë jare van Suid-Afrika se demokrasie.


Mosiuoa Lekota. FOTO: Vrystaatse Sentrale Universiteit van Tegnologie / Facebook
Mosiuoa Lekota. FOTO: Vrystaatse Sentrale Universiteit van Tegnologie / Facebook

Comments


bottom of page