Malatsi stel aanpassing aan lisensiëringsreëls voor
- Armando Pieters

- May 24
- 1 min read
‘n Beleidsaanpassing om lisensiëringsreëls onder die Wet op Elektroniese Kommunikasie te wysig, is deur die minister van kommunikasie en digitale tegnologieë, Solly Malatsi, voorgestel. Die wysiging is van toepassing op die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika om regeringsregulasies te verlig wat verhoed dat buitelandse internetdiensverskaffers in die land handeldryf. Dit kan multinasionale maatskappye toelaat om wettiglik handel te dryf sonder om aan die 30% Swart Ekonomiese Bemagtiging-ekwiteitsvereiste te voldoen. Volgens Malatsi bevorder die voorgestelde beleid belegging, mededinging en universele breëbandtoegang. Die voorgestelde verandering kom dae nadat president Cyril Ramaphosa die Verenigde State besoek het en president Donald Trump ontmoet het.





Comments