top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Malema sê hy is bly om internasionale misdadiger te wees

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 17, 2025
  • 1 min read

EFF-leier, Julius Malema, sê hy is bly om 'n internasionale misdadiger te wees – aangesien Nelson Mandela destyds toe hy vir die regte van mense geveg het, ook as een verklaar is. Dit volg, volgens Eyewittness News, nadat tegnologie-miljardêr Elon Musk hom as 'n “internasionale misdadiger” op sosiale media bestempel het. Malema het dit duidelik gemaak dat hy nie deur Musk geïntimideer sal word nie. Hy het die omstredenheid die naweek tydens 'n toespraak by die St. Paul African Apostolic Church in Soweto aangespreek. Musk het 'n beroep op sanksies teen Malema gedoen, maar volgens Malema sal sulke aanvalle hom nie van sy politieke werk en toewyding aan sy beginsels weerhou nie.

 
 
 

Comments


bottom of page