Massaslagting teen bek-en-klouseer nie in vooruitsig
- Armando Pieters

- Jun 6
- 1 min read
Geen massaslagting word in hierdie stadium by Karan Beef beplan nie. Dit nadat laboratoriumtoetse onlangs die teenwoordigheid van bek-en-klouseer by sy voerkraal naby Heidelberg in Gauteng bevestig het. Maroela Media berig Karan Beef sê hy werk nou saam met die provinsiale en nasionale veeartsenydienste om Suid-Afrika se beesvleisverskaffingsketting te beskerm. Sowat 2% van die kudde is besmet, en die ondersoek duur voort om die oorsprong van die uitbreking te bepaal. Senior voerkraalveearts by Karan Beef, Dr Dirk Verwoerd, sê 'n gekontroleerde slagproses sal wel in werking gestel word sodra die inentings afgehandel is, en dit sal onder veeartstoesig gedoen word.





Comments