Mediese vereniging maak pleidooi voor begroting geïmplementeer word
- Armando Pieters

- Mar 15
- 1 min read
Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, Mvuyisi Mzukwa, doen 'n beroep op die regering om korrupsie in die gesondheidsorgbedryf uit te roei - voor ‘n begroting toegestaan word. SABC-nuus berig hy sê tussen 2009 en 2013 het die bedryf sowat R24-miljard verloor weens korrupsie. Mzukwa sê ‘n ondersoek is nog aan die gang na sowat R14-miljard wat tydens die Covid-19 inperkings verlore is weens korrupsie, en die drie-komma-vier miljard by die Tembisa-hospitaal. Hy sê daar kan nie miljarde rand aan die sektor toegestaan word voordat korrupsie nie uitgeroei is nie. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het Woensdag in die 2025-Begroting gesê hy beplan om 28-komma-nege miljard rand vir Gesondheid te bewillig.





Comments