Meer as 'n duisend gevalle van statutêre verkragting word laat vaar
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 8
- 1 min read
Onlangse statistieke van die Departement van Gesondheid toon dat 1 900 gevalle van statutêre verkragting sedert 2021 deur die polisie en aanklaers laat vaar is.
Maroela Media berig die DA se woordvoerder oor vroue, jeug en mense met gestremdhede, Angel Khanyile, sê die DA gaan nie aanvaar dat jong meisies in stilte verkrag, seksueel misbruik word of kinders kry en die stelsel hulle telkens in die steek laat nie. Sy sê die nasionale krisis word nie deur die relevante staatsdepartemente gepak nie.
Die DA sal nou ʼn omvattende klag by die Menseregtekommissie (MRK) indien om die skending van menseregte van jong meisies wat verkrag en gedwing word om kinders te kry sonder wetlike gevolge vir hul verkragters, te probeer pak.
Die DA het tydens 'n ondersoek bevind dat uit die 122 302 tienerswangerskappe wat in die 2023-'24-boekjaar aangemeld is, 2 716 van die ma’s tussen 10 en 14 jaar oud was.
Khanyile sê kinders verdien dit om beskerm te word, en die stelsels wat ingestel is om kinders te beskerm moet werk.








Comments