Meeste kapings in vind vroeër in die week plaas
- Saamgestel deur Jana Roos

- Apr 27
- 1 min read
Tracker se jongste voertuigmisdaadstatistieke toon dat die meeste kapings in die land vroeër in die week plaasvind.
Volgens die data vir Julie tot Desember verlede jaar, bereik kapings ’n hoogtepunt op Dinsdae tussen vieruur die middag en nege-uur die aand. Intussen is kapings van sakevoertuie ook meer geneig om gedurende dieselfde tydperk plaas te vind, maar op Woensdae.
Tracker doen ’n beroep op lede van die publiek om waaksaam te bly en waarsku dat bedreigings enige plek en enige tyd kan ontstaan. Die maatskappy sê dat hulle meer as 3 500 voertuie teruggevind het, en gedurende die tweede helfte van verlede jaar met 127 arrestasies gehelp het.








Comments