MIDDAG SPORT: Kapp blink uit in die Wêreldbeker krieket-span, bekendes dring deur in Wimbledon en België beindig die VS se sokker-veldtog
- Saamgestel deur Jana Roos

- 7 days ago
- 1 min read
In krieket-nuus: Marizanne Kapp is die enigste Protea wat in die Internasionale Krieketraad se T20-Wêreldbeker-span van die toernooi opgeneem is.
Kapp se veelsydige vertonings het Suid-Afrika gehelp om vir ’n vierde agtereenvolgende T20-Wêreldbeker-halfeindstryd te kwalifiseer, voordat Engeland hulle op The Oval uitgeskakel het. Die 36-jarige het ’n onoorwonne 81 teen Indië aangeteken en agt paaltjies in die toernooi geneem, insluitend syfers van 3-23 teen Pakistan.
Vier Australiese spelers is in die span van die toernooi ingesluit, terwyl Danni Wyatt-Hodge, Nat Sciver-Brunt, Orla Prendergast en Skotland se Darcey Carter ook erkenning vir hul uitstekende vertonings ontvang het.
In tennis-nuus: Jasmine Paolini het haar eerste Grand Slam-kwarteindstryd in twee jaar bereik nadat sy Alexandra Eala met 6-4, 4-6, 6-3 op Wimbledon geklop het. Paolini kom nou teen Marta Kostyuk te staan, terwyl Linda Noskova vir Madison Keys in skoon stelle verslaan het om ‘n kragmeting met Elise Mertens te bespreek.
Taylor Fritz het vir die vierde keer in vyf jaar tot die laaste agt deurgedring danksy ‘n oortuigende oorwinning in skoon stelle oor Alexander Bublik.
Brittanje se Arthur Fery het die tuisskare opgewonde gemaak deur vir Grigor Dimitrov in ‘n dramatiese riller van vyf stelle te klop en sy eerste Wimbledon-kwarteindstryd te bereik, waar hy teen Flavio Cobolli sal speel, wat vir Alex de Minaur in skoon stelle uitgeskakel het.
En, in Wêreldbeker sokker-nuus: Beligië het hul plek in die kwardeintrondte bespreek met ‘n oortuigende oorwinning van 4-1 oor die Verenigde State. Die nederlaag het ‘n einde gebring aan die mede-gasheerlandspan se indrukwekkende veldtog.
Ons skakel oor na ons korrespondent vir meer oor hierdie en ander onlangse wedstryde…
LUISTER HIER:








Comments