top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Midde-Ooste: Cosatu vra vir meer maatreëls om die SA ekonomie teen die impak te beskerm 

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 16
  • 1 min read

Die vakbond Cosatu doen ‘n beroep op die regering om meer maatreëls in te stel om die ekonomie te beskerm teen die impak van oorloë in die Midde-Ooste.


Die federasie waarsku dat brandstofpryse skerp kan styg, met petrol wat na verwagting met meer as R3 per liter en diesel met meer as R10 sal styg.


Cosatu sê die tydelike brandstofheffingsverlaging wat deur die minister van Finansies, Enoch Godongwana, aangekondig is, is ‘n positiewe stap. Die vakbond sê werkers en die ekonomie het wel verdere verligting nodig, aangesien werkloosheid bo 40% bly en ekonomiese groei swak bly.


Ter illustrasie. FOTO: Polity
Ter illustrasie. FOTO: Polity

 
 
 

Comments


bottom of page