Midde-Ooste: Ná 100 dae val Israel Iranse teikens aan
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 8
- 1 min read
Soos die oorlog in die Midde-Ooste sy 100ste dag betree, sê Israel hy het teikens regoor Iran aangeval en daarmee die Amerikaanse president Donald Trump se oproep verontagsaam om nie teen Teheran se missielaanval te vergeld nie.
eNCA berig die aanvalle het ’n brose skietstilstand van 8 April verder onder druk geplaas, terwyl die VSA sukkel om ’n ooreenkoms met Iran te finaliseer om die konflik te beëindig.
Die Britse minister van buitelandse sake, Yvette Cooper, het ook ’n beroep op terughoudendheid gedoen. Sy sê die hervatting van konflik tussen Iran en Israel is in niemand se belang nie.








Comments