top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Minister Steenhuisen sê die RNE is ongeskonde

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 26, 2025
  • 1 min read

Die DA-leier, minister John Steenhuisen, sê die regering van nasionale eenheid is steeds ongeskonde. Dit volg nadat die DA en die ANC Vrydag hul jongste vergadering in Johannesburg gehou het om hul verskille te probeer uitstryk. Die twee partye is sedert Februarie haaks oor die begroting, veral oor die BTW-verhoging-voorstel. Steenhuisen sê hulle het ingestem om vorentoe te beweeg en om alternatiewe vir die BTW-verhoging-voorstel te vind.

 
 
 

Comments


bottom of page