top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

MIV/Vigs-pasiënte wat behandeling gestaak het, moet na vore kom

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 22, 2025
  • 1 min read

MIV/Vigs-pasiënte wat opgehou het om hul behandeling te neem en spoorloos verdwyn het, is aangespoor om na vore te kom en hulp te kry om die verspreiding van die virus te voorkom. Dit kom nadat dit onlangs aan die lig gekom het dat meer as 20-duisend pasiënte wat positief getoets het in Mpumalanga, behandeling gestaak het en spoorloos verdwyn het. Die Treatment Action Campaign sê sommige van die pasiënte het hul behandeling gestaak omdat hulle geïrriteerd was dat hulle elke drie maande hul medikasie moes afhaal, in plaas daarvan om medikasie vir ses maande te ontvang.

 
 
 

Comments


bottom of page