top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

MK-party vier hul eerste bestaansjaar

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 15, 2024
1 min read

Veiligheidsmaatreëls is verskerp vir die viering van die MK-party se eerste bestaansjaar Sondag by die Moses Mabhida-stadion in Durban. Die polisie in KwaZulu-Natal het dit bevistig, soos duisende ondersteuners na verwagting die vieringe gaan bywoon. SABC-nuus berig die MK-party sê sy ondersteuners sal per bus uit alle distrikte van KwaZulu-Natal na die stadion vervoer word. Ondersteuners uit ander provinsies word ook by die geleentheid verwag. Volgens die polisie sal daar kontrolepunte by die stadion wees en sal hulle geen wetteloosheid duld nie. Die Durbanse Metropolisie het 700 beamptes in strate naby die stadion ontplooi.

 
 
 

Comments


bottom of page