MOTO GP: S.A. se Brad Binder val weer terwyl Marc Márquez Aragon MotoGP oorheers
- Armando Pieters

- Jun 9
- 1 min read
Brad Binder het tydens Sondag se Aragonse MotoGP weer geval in die 12de rondte van die resies op die Circuit de Alcañiz. Binder het belowend weggespring en selfs die vinnigste tyd in die vierde rondte aangeteken maar ‘n fout in die derde draai het hom sy plek op die podium gekos. Marc Márquez het beide die hoofren en Saterdag se blitsren gewen en sy algehele oorheersing weereens onderstreep met die vinnigste tye in oefening, kwalifisering en die hoofren. Hy het nou ‘n voorsprong van 32 punte bo sy broer Alex op die kampioenskaplys terwyl Binder met 35 punte nou die 15de plek beklee.





Comments