MOTORSPORT: Wêreld-veldtydren kampioenskapsreeks maak binnekort debuut in SA
- Armando Pieters

- Apr 24
- 1 min read
Met minder as ’n maand oor voor die Wêreld-veldtydrenkampioenskaps-reeks in Suid-Afrika wegtrek kan motorsport-liefhebbers uitsien na die beste van die beste in die W2RC wat in verskeie klasse en kategorieë gaan meeding op die Suid-Afrikaanse stofpaaie. Volgens Archie Rutherford, Uitvoerende Hoof van Safari-ren is daar groot belangstelling en entoesiasme met W2RC en Dakar-kampioene wat hier kom stem dik wat die heersende W2RC-kampioen en vyfmalige Dakar wenner Nasser Al-Attiyah insluit. Plaaslike spanne wat in aksie gaan wees sluit onder andere Toyota Gazoo Racing South Africa, Century Racing, Red-Lined Racing en #TeamHilux in. Die Wêreld-veldtydrenkampioenskaps-reeks vind vanaf 18 tot 24 Mei by Sun City plaas.





Comments