top of page

Mpumalanga sê ja vir 'n nuwe naam vir die wildtuin

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 25
  • 1 min read

Die Mpumalanga provinsiale wetgewer het 'n mosie aanvaar om die Kruger Nasionale Park se naam na die Skukuza Nasionale Park te verander.

News24 berig die EFF se Rhulani Qhibi het die voorstel Woensdag gemaak en gesê om die Boere-Oorlogleier se naam te behou was onvanpas – veral in Erfenismaand.

Intussen berig Netwerk24 die DA se Willie Aucamp sê dat die provinsiale wetgewer in Mpumalanga nie by magte is om die Kruger-wildtuin se naam te verander nie. Hy sê die wildtuin behoort aan Sanparke, wat op sy beurt weer onder die departement van bosbou, visserye en die omgewing val.

 
 
 

Comments


bottom of page