Munisipaliteite moet hul vroeë waarskuwingstelsels verbeter

May 21, 2025
1 min read
Munispaliteite is deur die parlement se Portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake versoek om hul vroeë waarskuwingstelsels te versterk. Volgens die komitee is daar ‘n probleem dat munisipaliteite nie op vroeë waarskuwingstekens reageer om moontlike finansiële probleme op te spoor nie. Dit lei dikwels daartoe dat munisipaliteite uitdagings aanspreek nadat hulle ontstaan, in plaas daarvan om dit te probeer voorkom. Die komitee sê hulle is bekommerd dat sommige munisipaliteite wat vir meer as ‘n dekade onder administrasie is, geen duidelike verbeterings getoon het nie.







Comments