Musk moet dalk tasse na SA pak, sê Trump
- Armando Pieters

- Jul 2
- 1 min read
Pres. Donald Trump van die VSA sê sonder subsidies sal die Suid-Afrikaans gebore miljardêr Elon Musk waarskynlik sy deure moet sluit en terugkeer na Suid-Afrika.
Dit nadat Musk Trump se vlagskip-bestedingswetsontwerp opnuut gekap het.
Trump het ook gesê die departement van regeringsdoeltreffendheid (DOGE), wat deur Musk gelei is voordat hy in Mei die pos ontruim het, kan dalk net sy visier op die stigter van Tesla en SpaceX se staatsubsidies stel.
Maroela Media berig Trump het die dreigement herhaal toe hy gesê het hy meen Musk is vies oor maatreëls wat laat vaar is om elektriese voertuie te ondersteun.





Comments