Nóg ‘n lykshuis in die Metro is gesluit
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 2, 2025
- 1 min read
Nog drie lykshuise in die Vrystaat is weens nie-nakoming van arbeids- en veiligheidsregulasies deur die Departement van Arbeid gesluit. Dit sluit die Mangaung Metro Munisipaliteit se Botchabelo-lykshuis sowel as die in Bethlehem en Phuthaditjhaba in. Netwerk24 berig die sluitings volg nadat Bloemfontein se staatslykshuis Oktober verlede jaar wees onhigiëniese werkstoestande ook deur dié departement gesluit is. Intussen sê die Vrystaatse gesondheidsdepartement se woordvoerder, Mondli Mvambi, lykskouings gaan steeds by Sasolburg, Welkom en Kroonstad voort. Hy voeg by die lykshuise wat onlangs gesluit is, was voorheen onder die mandaat van die polisie en is sonder enige opgraderings of die nodige begroting aan die provinsie se gesondheisdepartement oorgedra. Dít gesê, is die departement wel besig met die nodige stappe om verberings aan die fasiliteite aan te bring.






Comments