‘n Bejaarde Vrystaatse boer staan op aanklag van moord tereg
- Armando Pieters

- May 22
- 1 min read
Die 78-jarige Brandfort-boer Carl Gutter het byna 'n dekade ná die noodlottige skietery op Sonnyboy Segalo in die Brandfort-landdroshof verskyn. iOL berig volgens polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Zweli Mohobeleli, dateer die saak terug na 29 Augustus 2016, toe die polisie op 'n voorval, wat as 'n aanval op Gutter se plaas naby Brandfort aangemeld is, gereageer het. Ten spyte van geen onmiddellike inhegtenisnames vir Segalo se moord nie, het ‘n 2024 geregtelike doodsondersoek uiteindelik gelei tot die hof se besluit in Maart vanjaar om Gutter van die moord aan te kla. Hy is op borgtog van R2 000 vrygelaat, en die saak is tot volgende week uitgestel vir oorplasing na die Brandfort-streekhof.





Comments