'n Bekende bewaarder is dood ná 'n olifant-aanval
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 13
- 1 min read
Die bekende bewaringskundige en die eienaar van die Klaserie Privaat Natuurreservaat in Hoedspruit, Gary Freeman, is dood nadat hy deur 'n olifant aangeval is.
News24 berig volgens die Limpopo-polisie het die aanval plaasgevind terwyl Freeman saam met ’n groep toeriste deur die reservaat getoer het. Freemand het in 'n stadium uit die voertuig geklim en te voet verder beweeg, en terwyl hy gestap het, het ’n olifant verskyn en op hom afgestorm. Hy het probeer om dit af te skrik met die rewolwer wat hy by hom gehad het, maar is uiteindelik deur die olifant aangeval.
Die polisie sê voorts die voertuigbestuurder en ander toeriste het daarin geslaag om hom na ’n veilige plek te neem en nooddienste te ontbied, maar met hul aankoms is Freemand dood verklaar.
’n Geregtelike doodsondersoek is geopen.
Die Klaserie Privaat Natuurreservaat het ’n hartroerende huldeblyk aan Freeman op sy Instagram-rekening gedeel en hom beskryf as “’n ware heer en ’n integrale deel van die wese van die Klaserie”.








Comments