top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Belangrike sitting is weens ‘n afwesige ampstaf gekanselleer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 5, 2024
  • 1 min read

Die Vrystaatse wetgewer moes ‘n belangrike sitting kanselleer. Dit aangesien die ampstaf, wat volgens die provinsiale wetgewer se reëls en ordes altyd tydens sittings teenwoordig moet wees, in ʼn kluis toegesluit was. As gevolg hiervan was daar nie ‘n maandaat oor die wysigingswetontwerp op die verdeling van inkomste om in die Nasionale Raad van Provinsies se sitting te stem nie. Volgens die Vrystaatse VF Plus wetgewerlid, Armand Cloete plaas dit die hele begrotingsproses in gevaar. Dit toon ook volgens Coete, die onprofessionele wyse waarop sake in die provinsie hanteer word. Die VF Plus het tydens ‘n swepevergadering daarop aangedring dat hierdie voorval deeglik ondersoek word. Hulle vra ook dat dissiplinêre stappe teen die verantwoordelike amptenare geneem word.

 
 
 

Comments


bottom of page