top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Bfn beweerde bedrieër wat jare gelede verdwyn het, is gevind

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jun 12
  • 1 min read

’n Bloemfonteinse makelaar wat meer as ses jaar gelede spoorloos verdwyn het nadat hy beleggers na bewering uit miljoene bedrieg het, bevind hom glo in Spanje. Netwerk24 berig Robert-John Johnson noem homself glo deesdae Jason, hy werk by ’n hotel, speel glo gereeld gholf en hang by kroeë uit.


Johnson het op 15 Februarie 2020 landuit gevlug met net ’n selfoon, skootrekenaar, paspoort en identiteitsdokument. Hy is nie destyds as vermis by die polisie aangemeld nie. Iemand wat die Facebook-blad Where is Robert-John Johnson volg, het hom tot in Spanje nagespeur.


Stephen Ryan Manthey, een van 100 beleggers by Johnson en 'n jare lange vriend, het in 2019 ’n hofaansoek teen Johnson in die hooggeregshof ingedien nadat hy glo maande lank nie sy belegging van R1,5 miljoen kon terugkry nie. Johnson het nie die aansoek teengestaan nie en ingestem om die geld te betaal.


Luidens hofstukke het hy ná verskeie beloftes en die lewering van vervalste betalingsbewyse uiteindelik net sowat R800 000 betaal.


Robert-John Johnson. FOTO: Facebook
Robert-John Johnson. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page