top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Bfn dokter kry borgtog ná 'n klag van besit van skedulemedisyne

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 7 days ago
  • 1 min read

'n Dokter van Bloemfontein is Maandag in die landdroshof in Kempton Park op borgtog vrygelaat nadat hy Vrydag in hegtenis geneem is.


Netwerk24 berig Sampie Pienaar, ’n vennoot van die sogenaamde maermaakdokter, Tommie Smook, word van die oortreding van die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe aangekla omdat hy na bewering in besit van 90 spuite met skedule 4-medisyne was. Dit is onbekend watter stof in die spuite was.


Pienaar is verlede week op pad na die lughawe in Bloemfontein by ’n padblokkade afgetrek. Hy is daarna by die vliegtuigdeur by die O.R. Tambo-lughawe ingewag en in hegtenis geneem.


Sommige bronne beweer hierdie arrestasie is deel van ’n heksejag nadat lofprysinge op veral sosiale media weerklink het vir dié dokters se metabolisme-gesondheidsprogram, wat na bewering help met gewigsverlies.


Pienaar, wat ’n diabeet is, sê hy beheer dié siekte met die GLP-1-inhibeerders, wat hy ook soms aan pasiënte voorskryf wat aan soortgelyke siektetoestande ly.


Die saak is tot September uitgestel vir verdere ondersoek.


Sampie Pienaar. FOTO: Facebook
Sampie Pienaar. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page