‘n Bloemfonteinertjie is ná ‘n honde-aanval oorlede
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 24
- 1 min read
’n Tweejarige Bloemfonteinertjie is ná ’n honde-aanval by die Lakeview Plotte oorlede.
Volgens Bloemnuus ondersoek die Bloemspruit-polisie ’n saak van strafbare manslag. Geen inhegtenisnemings is tot dusver gemaak nie.
Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê die voorval het helder oordag plaasgevind toe die kind saam met sy ma gestap het.
Volgens voorlopige inligting het ’n hond, glo ’n Boerboel, deur ’n opening in ’n heining gekom en die slagoffers op straat aangeval.
’n Verbyganger het die hond verjaag en die ma en kind hospitaal toe geneem, waar die seuntjie later aan sy beserings beswyk het.







Comments