'n Duitse vrou moet tronk toe ná dekades op die vlug
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 28
- 1 min read
‘n Voormalige lid van die Duitse militante groep Red Army Faction (RAF) is tronk toe gestuur ná meer as 30 jaar op die vlug.
Die 67-jarige Daniela Klette is uiteindelik in 2024 in ‘n woonstel in Berlyn gevang en tot 13 jaar tronkstraf gevonnis vir die uitvoering van ‘n reeks gewapende rooftogte tussen 1999 en 2016.
Die BBC berig dat Klette supermarkte en gepantserde waens beroof het, saam met twee ander voormalige lede van die RAF-faksie wat nog nie gevang is nie.
Klette se verdediging het haar vryspraak geëis, maar die hof het haar Woendag skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede, die oortreding van wapenwette en ander oortredings oor ‘n tydperk van 17 jaar.








Comments