top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Familievriend kry 24 jaar tronkstraf vir moord

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 5
  • 1 min read

Updated: Jun 8

'n Man is tot 24 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis nadat hy 'n 41-jarige vrou van Bloemspruit vermoor en haar besittings gesteel het.


Volgens polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, het die moord verlede jaar in Phase 9 plaasgevind waar die vrou met verskeie steekwonde in haar woning aangetref is.


‘n Polisie-ondersoek het later aan die lig gebring dat die aanvaller 'n vertroude familievriend was. Ná die moord het hy glo die slagoffer se kar, televisies en ander huishoudelike elektroniese toerusting gesteel en verkoop.


Die verdagte is twee dae later deur speursersant Sechaba Tsholo van die Bloemspruit-speureenheid opgespoor en in hegtenis geneem. Die gesteelde eiendom is ook teruggevind.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 

 
 
 

Comments


bottom of page