’n Grensverskuiwende operasie bring nuwe hoop vir pasiënte met demensie
- Saamgestel deur Jana Roos

- Apr 17
- 1 min read
’n Grensverskuiwende operasie in Pretoria bring nuwe hoop vir pasiënte met demensie.
Die rekonstruktiewe en plastiese chirurg, Ben Moodie, het die eerste prosedure van dié aard in Afrika uitgevoer by die Cintocare-hospitaal. Die operasie, wat oorspronklik in China ontwikkel is, toon belowende resultate, met die pasiënt wat ná meer as ’n week reeds tekens van verbetering toon.
Moodie sê die prosedure kan help om van die impak van die siekte om te keer en moontlik pasiënte se geheue en kommunikasie te verbeter.








Comments