top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Hoërskoolleerder is vir die aanranding van vrou in hegtenis geneem

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 11
  • 1 min read

'n 22-jarige hoërskoolleerder is in hegtenis geneem nadat 'n video op sosiale media versprei is waarin hy glo gesien kan word waar hy 'n vrou aanrand.


Volgens polisiewoordvoerder sersant Mahlomola Kareli sal die verdagte na verwagting môre in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn.


Rosestad-nuus het vroeër berig dat die 21-jarige slagoffer  'n saak van aanranding by die Kagisanong-polisiestasie geopen het.


Intussen het die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, die voorval sterk veroordeel en gesê die aanval is 'n herinnering dat die stryd teen geslagsgebaseerde geweld nog nie gewen is nie.


Die premier het ook haar kommer uitgespreek oor 'n vrou wat glo saam met die aanvaller opgetree het en wat in die video gesien en gehoor kan word waar sy die slagoffer uitskel.


Letsoha-Mathae sê die stryd teen geweld teen vroue en kinders sal nie gewen word indien vroue self deelneem aan die mishandeling en vernedering van ander vroue nie.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

1 Comment


tommy
Jun 11

22 jaar oud en nog op skool WTF

Like
bottom of page