Lekota se vriendin het sy toestand geheim gehou
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 27
- 1 min read
Voormalige Vrystaatse premier en Cope-leier, Mosiuoa Lekota, se vriendin, Luzelle Adams, het probeer om sy verslegtende gesondheidstoestand vir kwaadwillige redes geheim te hou. Nova News berig die hof het dié optrede as selfsugtig beskryf, en haar aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys.
Adams, wat saam met Lekota gewoon het, was ten volle bewus van sy toestand aangesien sy hom na al sy mediese afsprake vergesel het. Ten spyte van ’n vroeëre hofbevel dat die oorlede Lekota nie meer geestelik bevoeg was om sy eie sake te bestuur nie, en dat enige magtiging wat hy aan haar gegee het, wettiglik verval het, het Adams steeds transaksies uit Lekota se rekening uitgevoer.
Die regter het bevind dat Adams probeer het om sy werklike gesondheidstoestand geheim te hou deur te probeer verhoed dat ’n mediese verslag bekend gemaak word.








Comments