top of page

’n Inspirerende serebraal-verlamde student jaag sy IT-droom

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 24
  • 1 min read

’n Serebraal-verlamde jong man van Botshabelo het nie net homself onder die top 100 matrikulante in die Vrystaat in gewerk nie, maar gaan ook vanjaar by die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) studeer. Volgens SUT is Kananelo Sibusiso Raleting ’n inspirasie vir almal. Hy bewys dat geen uitdaging te groot is as jy jou drome najaag nie. Hy sit sy akademiese reis voort met ’n diploma in Inligtingstegnologie, ’n veld waarvoor hy van kleins af ’n passie gehad het. Sy pa het hom aan die wêreld van tegnologie bekendgestel, en dit het hom geïnspireer om hierdie pad te kies. Kananelo sê die rolstoelvriendelike fasiliteite en ondersteuning op die kampus het sy vrese laat verdwyn. Hy sien uit na die universiteitslewe en om sy ouers trots te maak.

 
 
 

Comments


bottom of page