‘n Kindermoordsaak sal ná die beskuldigde se bevalling voortgaan
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 days ago
- 1 min read
Die kindermoordsaak teen ’n vrou van Glen is vroeër in die Bloemfonteinse landdroshof tot einde April ná haar bevalling uitgestel.
Volgens Netwerk24 bly Vuyiswa Joyce Leeuw in aanhouding nadat haar borgtogaansoek onsuksesvol was.
Die staat het aangevoer dat die moord op haar vyfjarige kleinneef glo vooraf beplan is en uit wraak gepleeg is ná die dood van haar eie dogter, Katleho Joyce Leeuw.
Die pa van die vyfjarige seuntjie staan intussen tereg op aanklagte wat verband hou met die dood van Leeuw se driejarige dogter en ondergaan tans psigiatriese waarneming.







Comments