top of page

‘n Kuba-ooreenkoms lei tot amper R2 miljard se onreëlmatige uitgawes

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Mar 13
  • 1 min read

Die bilaterale ooreenkoms tussen Suid-Afrika en Kuba het volgens die Ouditeur-Generaal tot bykans R1,7 miljard se onreëlmatige uitgawes die afgelope vyf jaar gelei. Die ooreenkoms, genaamd Projek Thusano, is in 2012 tussen die twee lande onderteken, en sluit die opleiding van mediese dokters in Kuba,  die ontplooing van Kubaanse werktuigkundiges om Suid-Afrikaanse weermagvoertuie te herstel asook die opleiding van Suid-Afrikaanse tegnici in. Volgens die Ouditeur-Generaal was die prosess nie regverdig, billik en deursigtig nie aangesien die plaaslike mark nie die geleentheid gegun was om deel te neem nie.

 
 
 

Comments


bottom of page