‘n Losprys vir die veilige terugkeer van ‘n ontvoerde Bloemfonteinse leerling word geëis
- Armando Pieters

- Jun 10
- 1 min read
Verdagtes in die beweerde ontvoering van die 19-jarige Martie du Plessis Skool-leerling, Kamogelo Baukudi, het glo 'n losprys van Kamogelo se ma vir sy veilige terugkeer geëis. FS online berig gevolglik is 'n aanklag van afpersing nou by die saak teen 'n 42-jarige polisiebeampte gevoeg. Hy is vroeër in hegtenis geneem ná die voertuig wat glo in die ontvoering gebruik is, aan hom gekoppel is. Die verdagte het sy eerste verskyning in die Bloemfonteinse landdroshof gemaak en is steeds in aanhouding. Hy sal na verwagting Vrydag om borgtog aansoek doen.





Comments