top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Man is in Bothaville gevonnis vir verkragting

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 3 days ago
  • 1 min read

Die Bothaville-streekhof in die Vrystaat het 'n man skuldig bevind en gevonnis op aanklagte van verkragting en roof.


Volgens 'n polisieverklaring is 'n vrou op die dag van die voorval in 2021 in Kgotsong in Bothaville deur die beskuldigde, Zwelibanzi Ephraim Leshoro, genader en verkrag.


Die slagoffer verduidelik sy het Leshoro raakgeloop en hy het geld van haar geëis. Sy het R200 aan hom gegee, waarna hy geëis het om seksuele omgang met haar te hê. Die hof het verder gehoor hoe die slagoffer die beskuldigde gesmeek het om haar nie te verkrag nie aangesien sy reeds geld aan hom gegee het. Ná die verkragting het die beskuldigde van die toneel gevlug.


Leshoro is tot 20 jaar gevangenisstraf vir verkragting en vyf jaar vir roof gevonnis. Die hof het gelas dat beide vonnisse gelyktydig uitgedien moet word.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page